'n Nominale maandelikse ledefooi word gehef. Dit word aangewend om die basiese kostes te dek om die ontwikkeling en instandhouding van ‘n elektroniese netwerk te kan bedryf, en om 'n verskeidenheid van sosiale en ekonomiese dienste aan lede te verskaf. Ons skep 'n platform waar lede onderling mekaar kan ondersteun.

Die platvorm behels ‘n elektroniese netwerk, asook ‘n selfonderhoudende ontwikkeling aan die Oranjerivier, waar ‘n plaas tot ons beskikking is. (Sien video van die plaas) Deur samewerking, hardwerkendheid, dissipline, deursettingsvermoë, lojaliteit, eerlikheid en nederigheid kan ons, die ekonomiese aanslae en gevolge daarvan wat die nabye toekoms gaan oplewer, verminder deur ons eie selfversorgende bedeling te skep.